Eienskappe van metale en nie-metale.
Graad 5 Natuurwetenskap en Tegnologie
Dinsdag 28 April 2020
Metale en nie-metale:
Verskillende tipes metale:
- Goud
- Silver
- Koper
- Sink
- Alluminium
- Kroom
- Nikel
- Lood
- Tin
- Yster
Eienskappe van Metale:
- Hardheid – Metale is hard en sterk.
- Glans – Metale blink en kan lig weerkaats.
- Smeebaarheid – Metale kan in verskillende vorms gehamer, saamgepers, gevorm, gebuig of gedraai word.
- Rekbaarheid – Metale kan in drade uitgetrek word.
- Kan smelt – Metale het ‘n hoë smeltpunt. Meeste metale is hard teen kamertemperatuur.
- Goeie geleier van elektrisiteit en hitte
Eienskappe van nie-metale:
Lees bladsy 53 en 54 in jou handboek oor nie-metale.
AKTIWITEITE
Beantwoord die volgende vrae oor nie-metale.
- Noem 10 nie-metale wat in jou huis voorkom. Sê dan ook watter materiale hierdie nie-metale van gemaak is. Bv. Tafel – Hout
- Lys 5 eienskappe van nie-metale. (bladsy 53)
- Kyk na die volgende prentjie. Watter materiale word gebruik om ‘n motor te vervaardig? Sê ook of die materiale metale of nie-metale is.