Graad 5: Afrikaans Luister en praat, 28 April 2020

(Lesson Scheduled For: Tuesday, 28 April 2020)

Koning Midas

Koning Midas, bl 58. Bespreek wat Griekse mitologie beteken. MITES en legendes is tradisionele vertellings van onbekende oorsprong wat uit die vroegste tye aan latere geslagte oorgedra is. Grieke het geglo daar is gode wat hul beskerm. Só het die ou Grieke geglo dat die donder en weerlig ’n uiting was van die ontevredenheid van die groot god Zeus, wat op die berg Olympus (ook Olimpus gespel) geheers het. Zeus is deur mindere gode en godinne omring, wat verskeie fases van die natuur en die bedrywighede van die mens beheer het.

Verduidelik aan leerder wat hebsug en gierigheid is:

Die volgende is eienskappe van gierige mense:

• Gierige mense praat baie oor geld en is altyd bekommerd oor geld.

• Hulle is nie blymoedige gewers nie.

• Hulle deel nie graag nie.

• Hulle kibbel oor ‘n onbenullige bedrag geld.

• Hulle skep ‘n atmosfeer ban geheimsinnigheid rondom hulle.

• Hulle herinner jou altyd aan wat hulle vir jou gedoen het.

• Hulle sê moeilik dankie.

• Hulle is nie tevrede met wat hulle het nie.

• Belangrik is om te besef jy kry gierige ryk mense en gierige arm mense.

• Gierigheid is nie ‘n finansiële probleem nie, dit is ‘n hartsprobleem.

• Finansiële wins of verlies verander niks nie, want gierigheid kom uit die hart.

Die doel van die les is om te kommunikeer oor ’n spesifieke tema. Ouer/ Voog sal hierdie proses moet lei.


AKTIWITEITE

Aktiwiteit: Leerders gaan sekere vrae moet beantwoord deur daaroor te gesels.

Daar is geen reg of verkeerde antwoorde nie, ons doel is om kommunikasie en praat aan te moedig.

Gesels oor die volgende:

1. Deur te luister na die titel van die leesttuk, waaroor dink jy handel die verhaal.

2. Wat dink jy is die eerste ding wat jy sal doen as jy in ’n kasteel kan bly?

3. Wat dink jy sal Koning Midas heeldag kon doen as jy onder “lockdown” was?

Ouer lees weer die storie van Koning Midas aan leerder


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceaktiwiteit 5.pdf

TOETS JOU KENNIS