Afrikaans Graad 7, 29 April 2020

(Lesson Scheduled For: Wednesday, 29 April 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Begripstoets: Visuele teks

Aangeheg is ‘n STROKIE met die naam EK LAAIK MAAIK. Maaik se strokies is gewoonlik lekker humoristies. (Onthou strokies is nie altyd snaaks nie.)

Lees hierdie strokies aandagtig deur en let op die detail wat in die sketsies voorkom. Die teken-kunstenaar maak van allerhande strepies en letters gebruik om byvoorbeeld beweging of klank aan te dui. 

Maak seker jy verstaan wat in elke strokie gebeur voor jy probeer om die vrae te beantwoord.

Nadat jy die vrae beantwoord het, kan jy die memorandum gebruik om jou antwoorde te merk.

Onthou om die datum en die opskrif te skryf. Doen die werk in jou ALGEMENE BOEK.

Datum
Begripstoets: Visuele teks

______________________________________________________________________

As jy die strokies en die vrae kan ‘print’, plak dit in jou boek voor jy die vrae beantwoord.

Indien jy nie kan ‘print’ nie, laat 2 bladsye oop voor jy die vrae beantwoord.


AKTIWITEITE

Hier is die antwoord op vraag 1:

  1. By die hond in die strokie se eerste raampie is die geluid Grrr


TOETS JOU KENNIS