Graad R Wiskunde 4

(Lesson Scheduled For: Friday, 01 May 2020)

Ons land Suid-Afrika

Maats, kom ons begin vir die laaste keer hierdie week deur die syferkaarte van 1-10 te flits. Vra vir mamma om dit vir jou te flits en benoem dan die syfers.

Laat mamma nou die getalname van een tot vyf vir jou flits en benoem dit. Kyk mooi en dink aan die syfertjie wat daarby pas.

Vandag gaan mamma weer vir jou ‘n paar oulike aftrek-sommetjies vra. Dink mooi en gee dan vir haar die antwoord.

– Oupa het vier perde op sy plaas. Twee van die perde het

   weggehardloop. Hoeveel perde het oupa nou op sy plaas

   oor?

– Ouma het drie melkterte gebak. Oupa eet twee melkterte

   self op. Hoeveel melkterte is daar nou oor?

Mamma kan nou aan nog so paar sulke voorbeelde dink en vir jou vra. Mamma, onthou om nie hoër as vyf te begin nie. 


AKTIWITEITE

Maats, ons gaan vandag lekker speel. Vra vir mamma vir die volgende:

- Een knyptangetjie of braaitang (Groot of klein)

- 20 Wattebolletjies of pom-pom balletjies. (Mamma kan dalk ‘n ander plannetjie maak met hierdie items indien daar nie watte of pom-pom balletjies in die huis is nie. Enigiets wat met die knyptangetjie of braaitang vasgeknyp kan word).

-2 Groot houers of bakke.

 

Sit nou al die watte-balletjies in een bak. Knyp nou een-vir-een balletjie met die tang vas en sit dit dan in die ander bak. Tel hardop terwyl jy dit doen. As al 20 balletjies oorgesit is in die ander bak, knyp dit dan weer vas en sit dit een-vir-een oor in die eerste bak. Doen dit soveel kere as wat jy wil.

Jy sal al hoe slimmer word!

 

 

 

 

 

 


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceOuer-uitdrukstuk1.pdf

TOETS JOU KENNIS