Lees van diagramme en gebruik van afkappingstekens
Doelwit:
Leerders moet ‘n staafdiagram kan lees, verstaan en vrae daaroor kan beantwoord.
Goeie dag Graad 4’s
Ons het die afgelope twee weke redelik staafdiagramme bestudeer. Jy gaan vandag weer ‘n staafdiagram bestudeer en vrae daaroor beantwoord.
‘n Voorbeeld van ‘n staafdiagram:
Beantwoord nou jou begripsvrae oor die staagdiagram in jou boek.
Afkappingstekens:
Sekere woorde word met ‘n afkappingsteken geskryf.
Kyk na die volgende:
- Die meervoud en verkleining van woorde wat eindig op i,o,u en ‘n lang a, soos foto’s en foto’tjie, ski’s en ski’tjie, pa’s en pa’tjie.
‘n Woord soos oupa eindig nie op ‘n lang a nie en kry daarom nie ‘n afkappingsteken nie bv. oupas en oupatjie.
- Die meervoud en verkleining van letters van die alfabet en getalle, soos A’s, B’s, S’e, 7’s, 2’s en 2’tjie.
- Die meervoud en verkleining van afkortings soos TV’s en TV’tjie.
Kom ons kyk of julle nou afkappingstekens op die regte plekke van woorde kan invul deur ‘n aktiwiteit te doen.
AKTIWITEITE
(Aangeheg is die hele week se aktiwiteite, jy gaan slegs vandag, Donderdag, se aktiwiteit doen.)
AKTIWITEIT:
Gebruik DBO Afrikaans Huistaal – rooiboek: Bl.82-84
Beantwoord die vrae in die tabel op bl.83, deur die staafdiagram op bl.82 te gebruik.
Onderaan bl.83 kan jy jou eie tabel ontwerp deur blokkies in te kleur en die twee vrae onderaan die tabel te beantwoord.
Afkappingstekens – Bl.84
Kyk mooi na die blou blokkie in jou boek wat vir jou vertel wanneer ‘n afkappingsteken gebruik word.
Voltooi die aktiwiteit op bl.84 deur die afkappingstekens op die regte plek in te vul en twee sinne te maak deur woorde met afkappingstekens te gebruik.
MEMORANDUM : DONDERDAG 30 APRIL
Bl.83
Vraag | Antwoord |
Van watter sport hou die meeste kinders? | Rugby |
Van watter sport hou die minste kinders? | Swem |
Hoeveel kinders hou van rugby? | 80 kinders |
Hoeveel kinders hou van netbal? | 70 kinders |
Hoeveel kinders hou van atletiek? | 50 kinders |
Hoeveel kinders hou van swem? | 30 kinders |
Bl.84
Afkappingstekens:
BMW’tjie ja’s video’tjie
pa’s g’n ma’s
a’s ma’tjie Ferrari’s
Graad 4’s video’s impi’s