Afrikaans Graad 7, 30 April 2020

(Lesson Scheduled For: Thursday, 30 April 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Vergelykings om skryfstyl te verbeter

Wanneer ons lees, vind ons sommige leesstukke vreeslik vervelig. Dis omdat slegs basiese skryfvaardighede gebruik word.

Hoe maak ‘n mens jou eie skryfwerk interessant? Een manier is om van vergelykings gebruik te maak.

In ons gewone spreektaal gebruik ons gereeld vergelykings: So dom soos ‘n klip, of so slim soos die houtjie van die galg. So rooi soos bloed of so wit soos sneeu….

In die drukbare werk is ‘n LEERLYS met vergelykings. As jy kan ‘print’, plak dit in jou TAALBOEK. As jy nie kan ‘print’ nie, laat genoeg plek oop om dit later te plak.


AKTIWITEITE

Die werk bestaan uit 'n deel wat in jou TAALBOEK moet kom, en dan 'n lekker lawwe oefening wat jy (saam met jou huismense) in jou ALGEEMENE BOEk moet doen.

Voorbeeld: Sy het wegstaantande soos 'n halfgeëte mielie!



TOETS JOU KENNIS