Klanke
Môre maats
Jy moet vir die les jou flipfile gebruik waarin jy jou klankkaart gesit het. Op die klankkaart het ons al die klanke ingekleur wat ons al aangeleer het in die klas. Het jy al verlede week se nuwe klankie wat ons aangeleer het ingekleur? Indien jy dit nog nie gedoen het nie, kan jy sommer nou die h-klank soek en die blokkie inkleur. Mamma moet nou vir jou elke ingekleurde klank vra en jy moet kan sê wat die klank se naam is. As mamma al die ingekleurde klanke vir jou gevra het en jy dit goed ken, kan julle ‘n lekker speletjie speel. Mamma kies ‘n ingekleurde klank en sê: “Ek sien iets met my kleine kleine ogies wat met ‘n ‘g’ begin.” Jy moet dan rondkyk en probeer raai wat Mamma raakgesien het. Doen dit met al die ingekleurde klanke. Geniet dit!
AKTIWITEITE
Nou gaan jy die werkkaart voltooi. Daar is 8 vragies. By die eerste 4 vragies moet jy luister na die woord en kyk of jy die klank kan sê waarmee elke woord begin, bv waarmee begin hond? Dan skryf jy in jou oefenboek/papier die nommer neer, jy skryf die h-klank neer en jy teken 'n klein prentjie van 'n hond. By die laaste 4 vragies moet jy luister waarmee elke woord eindig. Jy gaan dieselfde doen: eers die nommer neerskryf, die klank neerskryf en 'n klein prentjie teken wat by die woord pas. As mamma wil kan sy vir jou die werkkaart uitdruk. (printable documentation)
Graad 1 Afrikaans Huistaal Dinsdag 28 April 2020
Werkkaart: klanke
Beantwoord die vrae deur die klank neer te skryf en ‘n prent te teken wat by die woord sal pas:
- Waarmee begin bal? _______ _______
- Waarmee begin mat? _______ _______
- Waarmee begin rot? _______ _______
- Waarmee begin lig? _______ _______
- Waarmee eindig maan? _______ _______
- Waarmee eindig saag? _______ _______
- Waarmee eindig baba? _______ _______
- Waarmee eindig huis? _______ _______