Afrikaans Huistaal Graad 1: Week 3: Woensdag, 29 April 2020

(Lesson Scheduled For: Wednesday, 29 April 2020)

Lees

Môre maats

Vir die les het jy jou Groen Oxford Storieboom boek en ‘n flits nodig.  Lees al die woorde en sinne van boek 1 – 4 (Vlooi se partytjie, Kalla se skoene, ‘n Nuwe hond, Flappie is stout).  Oefen die woorde en sinne waaroor jy nog onseker is sommer baie goed!  Jy kan nou vir iemand vra om met die flits vir jou teen ‘n muur te flits.  Die persoon moet stadig die flitslig van links na regs beweeg teen ‘n muur.  Jy moet die liggie volg met jou oë sonder om jou kop te beweeg.  Later kan die flitslig van bo na onder beweeg, in ‘n sirkel, of selfs skuins van bo na onder en onder na bo.  Onthou, hou jou kop stil, net jou oë beweeg om die liggie te volg. Geniet dit!


AKTIWITEITE

Nou gaan jy die werkkaart voltooi. 

 

Juffrou het vir julle 3 sinne geskommel en nou moet julle dit regskommel en korrek oorskryf.  Onthou altyd 'n sin begin met 'n hoofletter en eindig met 'n punt. Kom ons kyk gou na 'n voorbeeld: 

 

stout. Flappie is

 

Waarmee begin 'n sin altyd?   'n Sin begin altyd met 'n hoofletter.  In die skommelsin is daar net een woord wat met 'n hoofletter begin en dis Flappie se naam, so dis die eerste woord van ons sin.  Waarmee eindig 'n sin altyd? 'n Sin eindig altyd met 'n punt.  Sien julle die punt?  Dis by die woord stout. So die woord stout is die laaste woord van ons sin.  Die enigste woord wat nou oorbly van ons skommelsin is die woord 'is'.  Die woord 'is' moet dan nou in die middel gaan staan.  Lees nou die sin:  maak dit sin?  "Flappie is stout."  aJy gaan dan nou die korrekte sin neerskryf in jou oefenboek of op 'n papier.  Onthou om jou sinne te nommer! Mamma kan ook vir jou die werkkaart uitdruk. (printable documents)

Graad 1 Afrikaans Huistaal                                                                                     Woensdag 29 April 2020

Werkkaart:  Skommelsinne

 

Skryf die sinne korrek oor:

 

  1.       kwaad. is Mamma

 

_____________________________________________________

  1.       hond. slim ‘n Wat

 

_____________________________________________________

 

  1.       blaf blaf. Flappie en

 

_____________________________________________________

 

 

 

 



TOETS JOU KENNIS