Afrikaans Huistaal Graad 1: Week 3: Donderdag, 30 April 2020

(Lesson Scheduled For: Thursday, 30 April 2020)

Skrif en skryf

Môre maats

Vir hierdie les het jy jou flipfile, water en ‘n verfkwas nodig.  Ons het al 4 skrifpatrone aangeleer.  Maak jou flipfile oop, gebruik jou vinger en beweeg oor die stippellyne om elke patroon te vorm.  Onthou om elke keer op die regte plek te begin.  Gooi nou bietjie water in ‘n bak, vat ‘n verfkwas en gaan soek buite vir ‘n stuk plaveisel of ‘n muur waarop jy kan verf met die water.  Onthou om eers vir mamma te vra!! Nou kan jy die verfkwas nat maak en ‘n ry van elke patroon verf met die water.  Die meeste plaveisel of mure het lyne of bakstene wat jou kan help om reguit te verf.  As jy klaar is moet jy alles opruim en op hul plekke bêre.  Nou gaan ons in ons oefenboeke of op ‘n papier werk.  Vou 4 straatjies (soos wat ons dit altyd in die klas doen).  In die eerste 3 straatjies gaan jy die n vir Nakkie die nar oefen.  Maak seker van die regte formasie:  begin bo, beweeg reguit af ondertoe, weer op boontoe sonder om jou kryt op te lig, draai na regs en maak een sprong af tot onder.  Onthou daar moet ‘n vingerspasie wees tussen elke letter.  Jy kan verskillende kleure vir elke ry gebruik.  In die vierde straatjie kan jy die apieswaai-patroon oefen. 


AKTIWITEITE

Nou gaan jy die werkkaart voltooi.  Die woorde waarmee ons vandag gaan werk het 3 dele:  'n begin-, 'n middel- en 'n eindklank.  Kyk na die woord: kat. As ons die woord kat klank, klink dit so:  k  -  a  -  t.  Kyk of jy die volgende woorde kan klank:  mat, sit, kop, hen.  Op die werkkaart gaan jy 'n klanke sien wat jy hard-op moet klank.  Skryf dan die woord neer wat jy hoor en teken 'n prent daarby wat by die woord pas.  Onthou om te nommer in jou oefenboek/papier soos op die werkkaart, of Mamma kan vir jou die werkkaart uitdruk (printable documents).

Graad 1 Afrikaans Huistaal                                                                                     Donderdag 30 April 2020

Werkkaart:  woordbou

 

Klank die woord en skryf dit reg neer.  Teken dan ‘n prent wat by die woord pas:

 

 

  1.   h-e-n _____________________          _______________

 

 

  1.   m-e-s _____________________          _______________

 

 

  1.   s-e-s _____________________          _______________

 

 

  1.   n-e-s _____________________          _______________

 

 

  1.   n-e-t _____________________          _______________

 

 

  1.   p-e-t _____________________          _______________

 

 

  1.   b-e-d _____________________          _______________

 

 

  1.   p-e-n _____________________          ______________


TOETS JOU KENNIS