Afrikaans Lees
Hallo Maats
Vandag gaan ons ‘n bietjie lees en dan vragies daaroor beantwoord. Ons moet begrip hê van wat ons gelees het. Wanneer ons lees moet ons met aandag lees en mooi dink wat ons lees, sodat wanneer daar vragies daaroor is weet ons wat om te antwoord. So ons gaan dit nou eers oefen. Onthou, lees miskien die stukkie 2 keer voordat jy die vragies beantwoord.
Ons maak nou ons Rooiboek oop op bl. 90. Nou lees jy die stukkie oor die kinders wat huis toe gaan en dit gaan op bl. 91 aan. Dan antwoord jy die vragies op bl.91. Onthou om dit in vol sinne te antwoord.
Jy kan ook na die youtube video kyk. Dit is ‘n leesboekie, Die uitstappie. Jy kan dit dan lees. Jy moet op “pause” kliek as jy nie vinnig genoeg kan lees voor dit omblaai nie.
AKTIWITEITE
Lees die storie en beantwoord die vrae.
Santie is baie opgewonde. Ouma gaan oor twee weke vir hulle kom kuier. Santie is baie lief vir Ouma. Ouma bederf haar baie. Ouma bak die lekkerste koekies. Ouma sê altyd vir Santie dat Santie altyd haar beste moet doen.
Beantwoord nou die vrae.
- Hoekom is Santie opgewonde?
_____________________________________________
- Wanneer gaan Ouma kom kuier?
_____________________________________________
- Wat sê Ouma altyd vir Santie?
______________________________________________
- Wat het Ouma gebak?
______________________________________________