Afrikaans Graad 2 30 April 2020

(Lesson Scheduled For: Thursday, 30 April 2020)

Afrikaans. Ons skryf

Môre Maats

Ek hoop julle het lekker geslaap.  Vandag gaan ons ‘n bietjie skryfwerk oefen.  Dit is belangrik dat ons nou ons gedagtes kan neerskryf.  Ons gaan ook ‘n bietjie kyk na verlede tyd.   Dit beteken dit het klaar gebeur.  Ek het gister met my sussie gespeel.   Ons gaan eerste in die rooi boek werk.  Kyk op bl. 92.  Ons gaan die twee takies doen wat sê:  “Ons skryf.”  By die eerste een moet jy die sinne bymekaar pas.  Dan moet jy ‘n paar sinne skryf oor toe jy hartseer gevoel het.  So dit is in verlede tyd.   

Hier is ‘n prent wat ons gaan bespreek.  Bespreek dit met jou ouer.  Daarna skryf jy 3 sinne oor die prent.  (Skryf datum bo-aan jou bladsy en skryf prentbespreking ook bo aan.) 

1.  Wat sien jy in die prent?

2.  Waar gebeur dit?

3.  Waarmee is hulle besig?

4.  Wanneer gebeur dit?


AKTIWITEITE

 

Skryf die sinne in die verlede tyd.

Begin elke sin met: “Gister het .....”

 

  1. Jana ry fiets.

 

 Gister het _________________________________________

  1. Pieter skop die bal.

 

Gister het_____________________________________________

 

‘n Werkwoord is iets wat jy kan doen.

skop lag slaap speel lees werk

 

Wanneer ons ‘n werkwoord in die verlede tyd gebruik kry die woord ‘n maatjie. Die maatjie se naam is “ge-”

ge   +   skop  =  geskop

Skryf nou die werkwoorde oor met sy ge- maatjie.

skop

ge

lag

 

slaap

 

speel

 

lees

 

werk

 

 

Skryf nou jou eie sin met die woord “gespeel”


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceDonderdag Verlede tyd.pdf

TOETS JOU KENNIS