Eienskappe van metale en nie-metale
Maandag – Dinsdag 4 – 5 Mei 2020
Eienskappe van nie-metale:
Verlede week het ons meer geleer oor nie-metale. Hier is ‘n paar eienskappe van nie-metale:
Nie-metale kan vaste stowwe, vloeistowwe of gasse wees. (Metale is gewoonlik vaste stowwe.)
Nie-metale is:
o Dof
o Bros
o Sag
o Gelei nie elektrisiteit nie
o Gelei nie hitte nie
AKTIWITEITE
Aktiwiteit:
Voltooi die volgende tabel. Nie-metale kan ‘n vaste stof, vloeistof of ‘n gas wees. Vind verskillende nie-metale in jou huis of buite en voltooi die volgende tabel deur voorbeelde te gee.
Nie-metale wat ‘n Vastestof is: | Nie-metale wat ‘n vloeistof is: | Nie-metale wat ‘n gas is: |
Bv. Plastiek | Bv. Water | Bv. Suurstof |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Merk verlede week se opdrag:
MEMO:
1. Noem 10 nie-metale wat in jou huis voorkom. Sê dan ook watter materiale hierdie nie-metale van gemaak is. Bv. Tafel – Hout
Tafel – Hout
Mat – Materiaal
Waterbottel – Plastiek
Water – Vloeistof
Glas – Glas
Deur – Hout
Bed – Materiaal en hout
Venster – Glas
Klere – Materiaal
Skoene – Rubber, materiaal
Jy kan ook ander noem.
2. Lys 5 eienskappe van nie-metale. (bladsy 53)
Dof
Bros
Sag
Gelei nie hitte nie
Gelei nie elektrisiteit nie
3. Kyk na die volgende prentjie. Watter materiale word gebruik om ‘n motor te vervaardig? Sê ook of die materiale metale of nie-metale is.
Bande – Rubber – Nie-metaal
Bakwerk – Yster – Metaal
Sitplekke – Materiaal/leer – Nie-metaal
Vensters – Glas – Nie-metaal
Nommerplaat – plastiek – Nie-metaal
Jy kan ook ander antwoorde hê.