Bekendstelling van geld
Vandag gaan ek julle bekendstel aan geld. Ek glo die meeste kinders ken geld. Ek wil net seker maak julle weet hoe lyk elke geldmunt en geldnoot en wat sien jy op elke munt en noot. Geniet die videotjie.
AKTIWITEITE
Ek kyk hoe slim is jy. Ek wys eers vir jou die munt of noot en jy moet eers sê of raai wat dit is. Daarna gaan jy in jou rooiboek, bl. 128 tot 131 takies doen oor geld. Daarna kan jy bietjie gaan kyk in mamma of pappa of ouma of oupa se beursies.
Lekker werk en speel.