Getalname, Telpatrone, Ontbind en Getalwaarde.
Inhoud
Goeiedag, Graad 2’s.
Julle moet nou reeds al die getalname van 1 – 59 kan skryf sonder om iewers af te kyk of deur vir iemand te vra om jou te help.
Jy moet ook na ‘n onvoltooide getalpatroon kan kyk en uitwerk waarin Juffrou tel en dit dan voltooi.
Jy het nou reeds mooi geleer van ontbind en getalwaarde. Ek hoop dat jy vandag al jou takies reg sal kan voltooi. Sterkte, jy is mos ‘n slimkop!
AKTIWITEITE
Aktiwiteit – 7 Mei 2020
Graad 2’s
Vir vandag het ek vir jou ‘n werkkaart voorberei waar jy getalname (1 – 59) moet skryf, telpatrone moet voltooi, ontbind asook die getalwaarde van getalle moet weergee.
Ek weet jy gaan dit sommer baie goed regkry!