Die oorsake van slawehandel
Lesbeplanning
Sosiale Wetenskappe Geskiedenis
|
Graad 7 | |||||
Tydsduur :3 ure
|
Week: 11 Mei tot 15 Mei | |||||
Konsep : Trans – Atlantiese slawehandel, spesifiek oorsaak en gevolg.
|
Kernvrae
Wat was die oorsake van die Trans – Atlantiese slawehandel? Hoekom het dit begin gebeur? . |
Integrasie
Tale, lees, skryf en redeneer. . |
||||
Doelwitte
Kennis: Die oorsake van die Trans – Atlantiese slawehandel.
Vaardighede: Die identifisering van oorsake en gevolge.
Begrip:
Begrip dat alle gebeure ’n oorsaak en gevolg het
|
Lesverloop
Bestudeer die video clip oor die onderwerp en lees bl. 102 en 103 in jou handboek goed deur.
Kyk na die PowerPoint wat die oorsake aan jou sal verduidelik. Jy moet verstaan dat alles in die lewe, so ook die hede, toekoms en verlede (geskiedenis) oorsake het en omdat dit gebeur het, is daar gevolge. Die gevolge wat dan gebeur skep weer nuwe oorsake en so vorm dit ’n kringloop. |
Assessering
Geen |
||||
Nabetragting en opmerkings
|
AKTIWITEITE
Laerskool Hartenbos
Graad 7 Sosiale Wetenskappe
https://www.youtube.com/watch?v=AJ4IdFqLVMM
Maandag 11 Mei 2020
Bron: PowerPoint, SW handboek bl. 102 en 103 asook YouTube clip (Jy hoef net die eerste vyf minute van die clip te kyk, ons doen die ander werk eers later).
Werk: Lees bl. 102 en 103 sorgvuldig deur en indien jy toegang tot die internet het, kyk die aangehegte YouTube clip. Maak seker jy verstaan waarom die Trans – Atlantiese slawehandel begin het, die redes of oorsake. Redes en oorsake is dieselfde konsep.
Tyd 1 uur
Dinsdag 12 Mei tot Vrydag 15 Mei 2020
Bron: PowerPoint, SW handboek bl. 102 en 103 asook YouTube clip.
- Werk: Aktiwiteit 1 bl. 103 no. 1 en 2. Jy moet ten minste 4 punte by elk noem.
Tyd: 2 ure, deel self jou tyd in.