Klanke: -ik na -ike & Verlede tyd
Beste Dolfyntjie
Vandag gaan ons kyk na:
- woorde wat op -ik eindige en dan verander na –ike as dit in ‘n sin gebruik word. Die meeste van die woorde word gebruik as
BYVOEGLIKE NAAMWOORDE.
-ik na -ike | ||
eerlik eerlike | heerlik heerlike | oulik oulike |
vrolik vrolike | lelik lelike | vreeslik vreeslike |
moeilik moeilike | maklik maklike | vroulik vroulike |
Bv. Die seun is eerlik.
Die eerlike seun gee die geld terug.
- Ons gaan ook sinne in die verlede tyd skryf.
Bv. Ek lees my boek onder die boom.
Ek het my boek onder die boom gelees.
- Leer die verandering van die woorde bv. vrolik – vrolike.
- Leer ook die spelling van die woorde.
- Voltooi die taakkaart. – Vul die -ike woorde in.
- Skryf die sinne in die verlede tyd.
AKTIWITEITE
- Leer die verandering van die woorde bv. vrolik – vrolike.
- Leer ook die spelling van die woorde.
- Voltooi die taakkaart. – Vul die -ike woorde in.
- Skryf die sinne in die verlede tyd.