Aardrykskunde Graad 6: Week 3,Donderdag 30 April 2020

(Lesson Scheduled For: Thursday, 30 April 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Handel

Môre outjies en vroutjies

In die vorige les het ons gefokus op termonologie. Dit is baie belangrik dat jy jou termonologie moet ken, om sekere van die werkies te kan voltooi. Harde werk word wel beloon!

Handel is baie belangrik vir alle lande, want alle lande kan nie alles produseer nie. In die ou dae was mense afhanklik van ruilhandel. Mense het produkte vir ander produkte verruil en daar was geen betaalmiddel (geld) gewees nie. Die enigste manier hoe hulle kon betaal was deur middel van ruilhandel, bv. vyf hoenders vir ‘n sak koffie. 

Probleme wat wel kon ontstaan het, was dat mense soms iets het wat ‘n ander nie wou hê nie. En dat handelaars soms nie saam gestem het oor wat ‘n billike ruiltransaksie was nie. Die eerste manier van betaal was deur middel van skulpies en kralle. Op ‘n latere stadium is munte en note ingebring. 

Invoere is wanneer produkte van ‘n land na ‘n ander land vervoer word, wat hulle nie kan vervaardig nie, bv. Suid-Korea na Suid-Afrika. Dit kan baie duur wees, omdat dit in dollar betaal moet word. Dit word ingevoer, omdat die land nie die nodige vaardighede het nie. 

Uitvoere is wanneer produkte deur die land vervaardig word en na ander lande uitgevoer word. Voordele daarvan is dat die land ‘n inkomste verdien. Daardie spesifieke land het die nodige vaardighede om die produkte te vervaardig, bv. Suid-Afrika na Amerika. Produkte wat Suid-Afrika uitvoer is byvoorbeeld wyn, sitrus, goud en sagte vrugte. 


AKTIWITEITE

Die volgende aktiwiteit moet asseblief op 'n folio bladsy oorgeskryf word. Die tabelle moet netjies oorgetrek word, met 'n skerp potlood en liniaal. Hierdie aktiwiteit handel oor sekere gedeeltes van handel en woordtermonologie. Die aktiwiteite moet korrek genommer word. Lees mooi die vraag, as jy onseker is gebruik jou bronne!



TOETS JOU KENNIS