Afrikaans Graad 2 11 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Monday, 11 May 2020)

Klanke gl-

Môre Maats

Vandag doen ons die gl– woorde.  Die klank kom aan die begin van ‘n woord.  Die woordjie glas kom sommer dadelik in my gedagtes op.  Ons gaan ‘n bietjie na die video kyk, dit het prentjies by elke woord sodat jy kan verstaan wat die woordjies beteken.  Jy moet ook weer die klanke leer op bl. 26 in die Dolfyntjieboek.  Ek hoop dit het verlede week goed gegaan met die toets oor die bl- en br- woorde.  Maak my trots.


AKTIWITEITE

Daar is weer ‘n werkkaart wat jy gaan doen.  Jy moet na die prentjie kyk en dan die regte woord soek en dit dan langs die regte prentjie skryf.  

Hier 'n 'n klein voorbeeld van die taakkaart. 

Daarna moet jy die woorde in die Dolfyntjieboek gaan leer.  Wanneer jy klaar is met al jou huiswerk, wil ek hê jy moet ‘n boek lees.  Geniet dit.

 



TOETS JOU KENNIS