Afrikaans Graad 2 13 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Wednesday, 13 May 2020)

Klanke gr-

Hallo Maats

Ek glo julle het die gl– klankie mooi geleer en hard daaraan gewerk.  Vandag doen ons die gr– klankie.  Dink solank aan ‘n paar woordjies wat daarmee begin.

Jy moet nou weer die gr– woordjies in die Dolfynboek op bl. 26 gaan leer.  Onthou Vrydag gaan ons weer toets skryf.


AKTIWITEITE

Die woordjie groen kom sommer dadelik by my op as ek aan gr- dink.  Daar is weer ‘n video wat jy kan kyk met  prentjies wat die woorde meer sal verduidelik.   Daarna gaan ons ‘n werkkaart doen.  Dit gaan oor gr- en gl- woordjies gaan.  Jy moet die woordjie reg skommel en dit dan reg skryf en in die ander blokkie 'n prentjie teken.   Hier is 'n voorbeeld hoe dit werk.  Die eerste een sal glad wees.  Kan jy dink wat die ander een is?   Ja dit is groepe.  Mooi so!



TOETS JOU KENNIS