Afrikaans Graad 2 14 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Thursday, 14 May 2020)

Lees en begrip

Vandag gaan ons ‘n bietjie in ons Rooiboek werk.  Ons gaan lees en vragies antwoord en ‘n bietjie skryf. 

Dan gaan ons ook ons sigwoorde in die Dolfynboek oefen.  Dit is op bl.31.  Jy kan kolom 8 se woorde vandag leer.  Lees dan sommer ook kolom 7 se woorde weer ‘n slag deur.


AKTIWITEITE

Maak jou Rooiboek op bl. 102 oop.  Lees die storie oor Anita.  Sy vertel haar storie oor ‘n haelbui.  Daarna antwoord jy die vragies op bl. 103.  Onthou om in vol sinne te antwoord.  Lees dan die gl- en gr- woorde. Lees die woordjies sommer ‘n paar keer.

Doen ook dan die 2 “ons skryf” werkies.  Hier is 'n klein voorbeeld van hoe dit in jou boek lyk.

Ek hoop jy het lekker gewerk en ook lekker gelees. 


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceGeen pdf dokument.pdf

TOETS JOU KENNIS