Afrikaans Graad 2 15 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Friday, 15 May 2020)

Afrikaans toets en skryf

Vandag gaan ons ‘n klanke toets skryf en dan weer ‘n bietjie in die Rooiboek werk.


AKTIWITEITE

Môre Maats

Ek is seker dat julle al die woorde goed geleer het en dat julle sommer alles gaan reg skryf.   Laat ‘n groter persoon vir jou die woorde vra.  As dit gebeur dat jy ‘n foutjie maak, moet jy die woord 3 keer oorskryf.

Nou maak jy jou Rooiboek oop op bl. 104.  Kyk na die prentjies en nommer dit dan in die regte volgorde.  Dan skryf jy ‘n sin oor elke prentjie.  Hulle gee vir jou woorde om jou te help. 

Nou gaan jy na bl.105 en dan doen jy die “ons skryf” werkie.  Jy moet die regte klank invul en dan met die regte prentjie verbind.  Jy kan dan ook die “vir die pret” werkie doen.

 


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceGeen pdf dokument.pdf

TOETS JOU KENNIS