Afrikaans Graad 3: Dinsdag 12 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Tuesday, 12 May 2020)

Klanke: -ig na -ige & Hersiening van byvoeglike naamwoord

Beste Dolfyntjie

  • Leer die verandering van die woorde bv. sonnig – sonnige.
  • Leer ook die spelling van die woorde.
  • Voltooi die taakkaart.

Vandag gaan ons kyk na woorde wat op -ik eindig en dan verander na -ige as dit in ‘n sin gebruik word.  Die meeste van die woorde word gebruik as

BYVOEGLIKE NAAMWOORDE.

   -ig na –ige

pragtig          pragtige welig          welige veilig               veilige
gelukkig         gelukkige woelig       woelige stadig            stadige
aaklig             aaklige sonnig       sonnige treurig           treurige

Bv.    Die dogter is gelukkig.                 Die gelukkige dogter ry perd.

Aangesien ons besig is met byvoeglike naamwoorde gaan ons dit sommer hersien.  Kan jy nog onthou wat ‘n byvoelike naamwoord is?


AKTIWITEITE

  • Leer die verandering van die woorde bv. sonnig – sonnige.
  • Leer ook die spelling van die woorde.
  • Voltooi die taakkaart.

 



TOETS JOU KENNIS