Begripslees: Die Brief
Beste Maats
Vandag gaan ons ‘n brief lees wat Bongi, vir haar niggie, Dumi geskryf het om oor haar vakansie te vertel.
Ek wil graag hê dat jy die brief ‘n paar keer moet deurlees, sodat jy al die woorde mooi vlot kan lees en die brief ook goed kan verstaan. Daarna gaan jy die vrae beantwoord.
Lekker lees!
AKTIWITEITE
Ons gebruik ons Afrikaanse Rooiboek bl90 en bl91.
As ons begripstoetse beantwoord moet ons altyd die volgende onthou:
- Dit moet in 'n volsin beantwoord word.
- Begin jou sin met 'n hoofletter.
- Die sin eindig met 'n punt.
- Ons begin nie 'n sin met "want", "maar" en "omdat" nie.
Lekker lees en skryf!