Afrikaans Graad 3: Week 3: Donderdag 30 April 2020

(Lesson Scheduled For: Thursday, 30 April 2020)

Sinsoorte en Byvoeglike naamwoord

Liewe Maat

Onthou jy,  ons het in die klas geleer van:

Verskillende soorte sinne.  

Daar is ‘n :  Stelsin – Dit is ‘n heerlike dag.  (Iemand sê iets.)

                    Vraagsin – Is dit Donderdag?     (Iemand vra ‘n vraag.)

                    Bevelsin  –  Gaan borsel jou tande.   (Iemand sê iets vir jou om te doen.)

                    Uitroepsin – Eina!  Ek het my toon gestamp!  ( Iemand roep iets uit!)

Die byvoeglike naamwoord

Die byvoeglike naamwoord vertel jou meer oor die selfstandige naamwoord.

Bv.   Die seun pluk bloedrooi rose in die pragtige tuin.

Nou het jy sommer baie geleer!


AKTIWITEITE

Ek het vir jou 'n werkkaart gemaak.  Jy moet 2 dinge op die werkkaart doen.

 

  1.  Lees die sin in die vorm en skryf op die lyntjie watter soort sin dit is.
  2.  Gaan soek die byvoeglike naamwoorde in die sinne.

 

Ek hoop jy geniet die werkkaart en dat jy lekker sal leer.



TOETS JOU KENNIS