Die voegwoord & intensiewe vorme.
Beste Maat
Het jy al gehoor van ‘n voegwoord? Vandag gaan ons bietjie ontdek wat ‘n voegwoord is.
Die groot geheim van ‘n voegwoord is:
‘n Voegwoord is ‘n woord wat
2 sinne met mekaar verbind.
Dit is woorde soos: want maar en omdat
- Lees gou hier:
Nina huil, want sy het geval.
Danie is gehoorsaam, maar Jaco is stout.
Mia hou van dans en Emma hou van lees.
Ek is siek, omdat ek in die koue gespeel het.
- Kon jy die voegwoorde herken?
En dan gaan ons kyk na INTENSIEWE VORME….
bloedrooi spierwit grasgroen
potblou goudgeel pikswart
Dit noem ons intensiewe vorme. Ja! Jy ken hulle almal! As ons wil sê iets is baie rooi, sê ons dit is bloedrooi. Dit is sommer baie maklik.
Lekker leer vandag! Jy is superslim!
AKTIWITEITE
Voltooi die taakkaart.
- Eers gaan ons voegwoorde omkring in die sinne.
- Daarna gaan jy 2 sinne verbind met ‘n voegwoord.
- Ons oefen intensiewe vorme.