Afrikaans Graad 3: Woensdag 13 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Wednesday, 13 May 2020)

Die voegwoord & intensiewe vorme.

Beste Maat

Het jy al gehoor van ‘n voegwoord?   Vandag gaan ons bietjie ontdek wat ‘n voegwoord is.

                                          Die groot geheim van ‘n voegwoord is:  

                                          ‘n Voegwoord is ‘n woord wat

                                          2 sinne met mekaar verbind.

   Dit is woorde soos:         want            maar          en            omdat

  • Lees gou hier:

Nina huil, want sy het geval.

Danie is gehoorsaam, maar Jaco is stout.

Mia hou van dans en Emma hou van lees.

Ek is siek, omdat ek in die koue gespeel het.

  • Kon jy die voegwoorde herken?

En dan gaan ons kyk na INTENSIEWE VORME.           

bloedrooi                 spierwit                  grasgroen 

 potblou                   goudgeel                 pikswart

  Dit noem ons intensiewe vorme.  Ja! Jy ken hulle almal!  As ons wil sê iets is baie rooi, sê ons dit is bloedrooi.  Dit is sommer baie maklik.

               

                                       Lekker leer vandag!  Jy  is superslim!


AKTIWITEITE

Voltooi die taakkaart.

  • Eers gaan ons voegwoorde omkring in die sinne.
  • Daarna gaan jy 2 sinne verbind met ‘n voegwoord.
  • Ons oefen intensiewe vorme.



TOETS JOU KENNIS