Toets jou kennis: JOU SUPER-WOEF
Jy ontvang ‘n lekker leesstuk wat interessante feite oor honde bevat. Lees die stuk HARDOP voor. Daarna volg ‘n aantal vrae oor werk wat ons reeds afgehandel het.
Doen eers die oefening op jou eie. Daarna kan jy die memorandum gebruik om jou werk te merk. As jy die leesstuk en vrae kan ‘print’ kan jy dit in jou ALGEMENE BOEK plak en daarna die vrae voltooi.
Indien jy nie kan ‘print nie, laat genoeg plek oop in jou ALGEMENE BOEK sodat jy later die werk kan plak.
Moenie kul deur vooruit na die memorandum te loer nie!
AKTIWITEITE
Aangesien die werk in jou ALGEMENE BOEK gedoen word, hoef jy nie in vol sinne te antwoord nie.
Voorbeeld van vraag 1:
- vlermuis (kry geen kappie nie)
kêrel
kombers (kry geen kappie nie)
skêr