Afrikaans Graad 7 Maandag 11 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Monday, 11 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Dagboek

‘n Dagboek is ‘n persoonlike ‘dokument’ wat jy op ‘n daaglikse basis byhou. Dit is ‘n privaat plekkie waar jy elke dag jou hart kan uitstort. Dagboekinskrywings is eintlik ‘n gesprek wat jy elke aand lekker informeel met jouself voer. 

Dagboekinskrywings moet aan sekere reëls voldoen. By die drukbare werk is die Vereistes van ‘n dagboek. Indien jy die werk kan druk, moet jy dit in jou LETERKUNDE BOEK plak. Indien jy nie kan druk nie, moet jy genoeg plek ooplaat om dit later te plak.

Plak ook nou die twee weke waarop jy jou inskrywings kan invul. Indien jy nie kan druk nie, mag jy dit skryf deur elke dag die dag en datum bo-aan  te skryf.


AKTIWITEITE

By die drukbare werk is twee bladsye van jou eie dagboek wat jy vir die volgende twee weke moet byhou. Onthou dat jy elke dag (verkieslik in die aand) moet skryf. Moenie 'n dag oorslaan nie, want dan is jou dagboek nie volledig nie. 

Kyk mooi na die Vereistes van 'n dagboek voor jy skryf. Daar is ook voorbeelde van hoe 'n tipiese inskrywing lyk.



TOETS JOU KENNIS