Afrikaans Graad 7 Verstaan die teks en Begripsvrae

(Lesson Scheduled For: Tuesday, 05 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Verstaan die teks Vrae oor 'n roman

In jou handboek op p 64 is die eerste hoofstuk van ‘n roman. Lees die teks aandagtig deur. Lees dit hardop vir jouself, dan oefen jy terselfdertyd jou hardoplees-vaardigheid.

Jy moet die Verstaan die teks op p 65 in jou LETTERKUNDE BOEK voltooi. Skryf die vrae in jou boek oor en beantwoord dan. Onthou dis makliker om dit te leer vir assessering as die vraag en die antwoord bymekaar in jou boek is. Dan hoef jy nie terug te verwys na jou handboek wanneer jy leer nie. 

Jy moet ook die BEGRIPSVRAE op p 65 beantwoord.

Dit word in jou ALGEMENE BOEK gedoen. In jou algemene boek hoef jy nie die vrae neer te skryf nie, maar jy moet in vol sinne antwoord.

Albei die oefeninge se MEMORANDA is by die drukbare werk ingesluit. Moenie kul nie! Beantwoord eers die vrae self en daarna kyk jy na die memorandum om jou werk te merk. Doen verbeteringe met potlood.


AKTIWITEITE

Die opskrifte wat jy moet skryf:

In jou LETTERKUNDE BOEK:

Datum
Verstaan die teks p. 65
no. 1 tot 5

___________________________

In jou ALGEMENE BOEK:

Datum
Begripsvrae p. 65
no. 1 tot 12

____________________________


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceAfrikaans 5 Mei 2020.pdf

TOETS JOU KENNIS