Afrikaans Graad 7 Vrydag 15 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Friday, 15 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Kreatiewe skryfwerk.

Strokiesprente is lekker om te lees, maar iemand moet die inhoud daarvan skryf!

Jy kry nou die geleentheid om lekker kreatief te raak en jou eie strokie te skep. By die drukbare werk is ‘n strokie wat jy moet voltooi deur dialoog  te skryf in die spraakborrels.

Wees lekker kreatief en draai die humor-krane lekker oop!

As jy kan druk, moet jy die voltooide sprokie in jou LETTERKUNDE BOEK plak.

Indien jy nie kan druk nie, moet jy die spraakborrels nommer en jou dialoog per nommer skryf. Laat dan genoeg plek in jou LETTERKUNDE BOEK om die werk later te plak.


AKTIWITEITE

Onthou om die datum en opskrif in jou LETTERKUNDE BOEK te skryf.

Datum
My Strokiesprent

________________________________________________

Jy is welkom om jou voltooide strokie vir my te e-pos na [email protected]

Ek sal graag van julle werk op ons skool se facebookblad deel!



TOETS JOU KENNIS