Afrikaans Graad 7 Woensdag 7 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Thursday, 07 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Direkte- en Indirekte rede

Direkte- en indirekte rede is ou nuus!!!! Julle het dit van Graad 4 af reeds geleer. Ek weet julle skrik vir die klomp reëls wat saam met hierdie werk kom. Dit veroorsaak dat julle dit vir julleself baie ingewikkeld maak.

Ons almal praat elke dag sommer baie in die DIREKTE REDE en in die INDIREKTE REDE. Wanneer jy vir iemand iets wat iemand anders gesê het oorvertel, praat jy spontaan in die indirekte rede.

Wanneer jy dus werk moet doen waar jy sinne van direkte rede na indirekte rede moet verander, sê eers die sin hardop vir jouself. Klink dit soos ons praat? Indien nie, is dit nie reg nie! 

By die drukbare werk is ‘n klomp reëls waarvan jy moet kennis neem. Vir assesserings word die reëls nie gevra nie, maar wel die toepassing van die reëls.

Hierdie reëls is LEERLYSTE wat in jou TAALBOEK geplak moet word. Indien jy die werk kan druk, moet jy dit inplak. Indien jy nie die werk kan druk nie, moet jy genoeg plek ooplaat om dit later te plak.


AKTIWITEITE

Jy werk in jou TAALBOEK. Onthou om die Datum en die Opskrif te skryf

Datum
Direkte- en Indirekte rede

___________________________________________

Jy hoef geen aktiwiteit te doen nie! Gaan net sorgvuldig deur die leerlyste en maak seker jy weet hoe om die reëls toe te pas.


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceAfrikaans 7 Mei 2020.pdf

TOETS JOU KENNIS