Afrikaans Graad 7

(Lesson Scheduled For: Wednesday, 06 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Van Hunks en die Duiwel

By die drukbare werk is ‘n lekker leesstuk: Van Hunks en die Duiwel. Dit is ‘n tipiese voorbeeld van Volksverhaal. Volksverhale word van geslag tot geslag as die waarheid oorvertel. Mites, Fabels, Sprokies en Legendes is ook tipiese volksverhale. 

Lees die verhaal hardop voor. Dramatiseer sommer lekker om die lees van die storie interessant te maak. Laat jou hele gesin na jou dramatiese voorlesing luister. Ek is seker hulle, en jy, sal dit geniet!

Indien jy die drukbare werk kan druk, kan jy die hele storie en die vrae in jou LETTERKUNDE BOEK plak. Daarna moet jy die vrae beantwoord. 

Indien jy nie die werk kan druk nie, moet jy genoeg bladsye in jou LETTERKUNDE BOEK ooplaat sodat jy later die storie kan inplak.

Onthou om die vrae in vol sinne te beantwoord.

Die volledige memorandum in ingesluit. Maar jy leer niks as jy sommer dadelik na die memorandum loer nie! Beantwoord al die vrae eers op jou eie. Merk daarna jou werk en skryf die verbeteringe waar nodig met ‘n potlood.

Jy hoef hierdie keer nie die vrae af te skryf nie, want jy plak dit mos in jou boek!


AKTIWITEITE

Jy moet in jou LETTERKUNDE BOEK werk. Onthou die datum en opskrif.

Datum
Van Hunks en die Duiwel

_______________________________________


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceWOENSDAG 6 MEI 2020.pdf

TOETS JOU KENNIS