Lees en Leesbegrip
Môre maats
Speel ‘n speletjie saam met Mamma. Sy moet 10 voorwerpe op ‘n skinkbord pak. Jy mag nie weet watse voorwerpe sy op die skinkbord pak nie. Jy kry 10 sekondes om na die voorwerpe te kyk waarna Mamma die skinkbord toegooi met ‘n vadoek. Jy moet nou probeer onthou wat jy gesien het en vir Mamma soveel as moontlik voorwerpe opnoem. Nou maak jy jou oë toe terwyl Mamma een of twee voorwerpe van die skinkbord verwyder. Sy wys vir jou die skinkbord en jy moet probeer uitwys watse voorwerpe Mamma verwyder het. Julle kan beurte maak en kyk of jy dalk vir Mamma kan uitvang! Geniet dit! Vir die res van die les gaan ons bietjie ons sigwoorde hersien. Jy moet jou Woekerboek oopmaak op bl. 18. Ons gaan nou kolom 1 – 5 lees. Begin by kolom 1: as jy al die woorde goed ken, kan jy na kolom 2 toe gaan. As jy kolom 2 se woorde goed kan lees, kan jy na kolom 3 toe gaan. So gaan jy aan tot by kolom 5. Vra vir mamma of pappa om vir jou die woorde lekker deurmekaar te vra, totdat jy dit baie goed ken.
AKTIWITEITE
Nou gaan ons 'n werkkaart voltooi. Dit is baie belangrik om altyd met begrip te lees. Dit beteken dat ons verstaan wat ons lees en ons onthou wat ons gelees het. Op die werkkaart is 'n kort storie wat jy 2 keer hardop moet lees. Onthou jy moet met aandag lees. Dit beteken jy moenie nou aan allerhande ander goed dink terwyl jy lees nie. Daarna moet jy die vragies beantwoord, juffrou wil kyk of jy die storie verstaan het en of jy die storie kan onthou. Skryf die vraag se nommer en antwoord neer in jou oefenboek/papier. Mamma kan vir jou die werkkaart uitdruk as sy wil (printable document).
Graad 1 Afrikaans Huistaal Vrydag 1 Mei 2020
Werkkaart: Begripstoets
Lees die leesstuk en beantwoord die vrae:
Ben het ‘n hen.
Die hen is wit en bruin.
Die hen sit op ‘n nes.
Ben sien ses eiers.
Ben is baie bly!
- Die hen is wit en ________________.
- Die hen sit op ‘n ________________.
- Hoeveel eiers sien Ben? Ben sien _____________ eiers.
- Hoe voel Ben oor die eiers? Ben is baie __________.
5. Wat is die meervoud van hen? ________________