Afrikaans Huistaal Graad 1: Week 4: Dinsdag, 5 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Tuesday, 05 May 2020)

Klanke u en y

Môre maats 

Vir die les moet jy jou Woekerboek oopmaak op bl 23 en 24.  Jy kan nou die u-woorde en die y-woorde lees.   Jy kan gerus die woorde waarmee jy sukkel eers klank.  Lees dit sommer ‘n paar keer sodat jy dit goed ken.


AKTIWITEITE

Nou gaan ons ‘n werkie doen.  Vou ‘n skoon bladsy in jou oefenboek/enige ander papier in die helfte.  Aan die een kant van die papier skryf jy al die u-woorde onder mekaar neer en aan die ander kant die y-woorde.  Jy kan gerus aan jou eie u- en y-woorde dink en dit ook neerskryf.  Jy kan gerus verskillende kleure gebruik!



TOETS JOU KENNIS