Afrikaans Huistaal Graad 1: Week 4: Donderdag, 7 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Thursday, 07 May 2020)

Lees: Die trapkar - sinne

Môre maats 

Gister het julle die woorde van “Die trapkar” goefen:  baklei, weg, op, trapkar, sluit, swaai, maak, Pappa en kwaad.  Hersien gou-gou weer die woorde.  Jy gaan dit kry in jou Groen Oxford Storieboom boek.  Ken jy dit goed?  Mooi so! Nou gaan ons onder op die bladsy kyk na die sinne.  Daar is 6 sinne wat jy nou moet leer: 

  • Pappa sluit die kar weg.
  • Biebie wil ry.
  • Hulle maak ‘n swaai.
  • Biebie en Kalla baklei.
  • Pappa maak ‘n trapkar.
  • Kalla wil die kar hê.

Oefen dit sommer ‘n paar keer sodat jy dit baie goed kan lees.


AKTIWITEITE

Blaai nou om in jou Groen Oxford Storieboom boek tot by Transkripsie.  Daar is 2 sinne wat jy mooi netjies moet oorskryf.  Let mooi op:  Elke sin begin met ‘n hoofletter en eindig met ‘n punt.  Sorg ook dat daar ‘n vingerspasie is tussen elke woord.  Skryf netjies!



TOETS JOU KENNIS