Afrikaans Huistaal Graad 1: Week 4: Vrydag, 8 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Friday, 08 May 2020)

Skrif: e klank en Skryf: Skommelsinne

Môre maats 

Ons gaan oefen om die ‘e’ vir eskimo te skryf.  Jy het jou oefenboek nodig of enige skoon papier.  Vou die bladsy in 4 straatjies.  Jy kan nou in elke straatjie die ‘e’ vir eskimo oefen.  Onthou:  Ons skryf van links na regs.  Daar moet ‘n vingerspasie wees tussen elke letter.  Op die agterkant van die papier kan jy die 4 skrifpatrone oefen:  perdjiespring, hasiehop, apieswaai en seegolf.  Jy kan verskillende kleure gebruik vir elke ry.  Skryf netjies!


AKTIWITEITE

Kan julle nog onthou hoe om skommelsinne te doen?  Dis so lekker!! Wat moet julle onthou?  Elke sin moet met ‘n hoofletter begin en met ‘n punt eindig.  Skryf elke sin netjies en korrek oor in jou oefenboek/papier.  Nommer elke sin soos op die werkkaart.  Mamma kan ook die werkkaart uitdruk. (printable documents)

Skommelsinne

  1. baklei. Biebie Kalla en

________________________________________________________

  1. ry. wil Biebie

________________________________________________________

  1. trapkar. Pappa ‘n maak

________________________________________________________



TOETS JOU KENNIS