Afrikaans Huistaal Graad 1: Week 4: Woensdag, 6 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Wednesday, 06 May 2020)

Lees: Die trapkar- woorde

Môre maats 

Maak julle Groen Oxford Storieboom boeke oop by die bladsy “Die trapkar.”  Nou kan julle die woorde oefen:  baklei, weg, op, trapkar, sluit, swaai, maak, Pappa en kwaad.  Oefen dit oor en oor totdat jy dit baie goed ken.  Onthou, as jy onseker is klank eers die woord. Mamma kan dit nou sommer lekker deurmekaar vir jou vra om te kyk of jy dit ken.  Moenie dat sy jou uitvang nie!


AKTIWITEITE

Op die volgende bladsy in jou Groen Oxford Storieboom boek is daar 3 prente en elke prent het 3 sinne.  Jy moet elkeen van die sinne lees en die regte sin kies wat by die prent pas.  Omkring die regte sin en kleur die prente in.



TOETS JOU KENNIS