Afrikaans Huistaal Graad 1: Week 5: Donderdag, 14 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Thursday, 14 May 2020)

Lees: Biebie droom – sinne, kies die sin wat by die prent pas.

Môre maats 

Gister het julle die woorde van “Biebie droom” goefen.  Hersien dit gou-gou weer.  Jy gaan dit kry in jou Groen Oxford Storieboom boek.  Ken jy dit goed?  Mooi so!

Nou gaan ons onder op die bladsy kyk na die sinne.  Daar is 6 sinne wat jy nou moet lees: 

Die storie gaan oor ‘n draak.

Pappa lees vir haar ‘n storie.

Dit is ‘n kwaai draak.

Sy hardloop by die trap af.

Die storie gaan oor ‘n dolfyn.

Biebie kan nie slaap nie.

Oefen dit sommer ‘n paar keer sodat jy dit baie goed kan lees.


AKTIWITEITE

Op die volgende bladsy in jou Groen Oxford Storieboom boek is daar 3 prente en elke prent het 3 sinne.  Jy moet elkeen van die sinne lees en die regte sin kies wat by die prent pas.  Omkring die regte sin en kleur die prente in. 

Lekker werk!



TOETS JOU KENNIS