Afrikaans Huistaal Graad 1: Week 5: Maandag, 11 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Monday, 11 May 2020)

Klanke: Leer b-klank aan en hersien spelwoorde

Môre maats 

Vir die les kan jy lekker kyk na die “youtube” video’s.  Die video’s gaan jou help om die b-klank aan te leer.  Wanneer jy klaar die video’s gekyk het kan jy jou flip file oopmaak by jou klankkaart en die blokkie met die b-klank inkleur.  Hersien al die aangeleerde klanke.  Mamma wys na die verskillende klanke en jy sê die klank se naam.  Voltooi nou bladsy 74 – 77 in jou Afrikaanse rooiboek.


AKTIWITEITE

Nou gaan ons ‘n werkie doen.  Mamma kan vir jou die werkvel uitdruk of jy kan net die antwoorde in jou oefenboek of op ‘n gewone skoon papier neerskryf.  Jy moet die woorde voltooi deur die korrekte middelklank te identifiseer.  Wanneer jy klaar is kan jy 2 eenvoudige sinne skryf met die woorde wat vir jou gegee word.  Onthou ‘n sin begin met ‘n hoofletter en eindig met ‘n punt.

Lekker werk!



TOETS JOU KENNIS