Afrikaans Huistaal Graad 1: Week 5: Vrydag, 15 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Friday, 15 May 2020)

Skrif: g klank en Skryf: Skommelsinne

Môre maats 

Kyk gerus na die “youtube” video om bietjie jou oogspiere te oefen.  Dis baie belangrik om gemaklik te kan lees. 

Nou gaan ons oefen om die ‘g’ vir gogga te skryf.  Jy het jou oefenboek nodig of enige skoon papier.  Vou die bladsy in 4 straatjies.  Jy kan nou in elke straatjie die ‘g’ vir gogga oefen.  Onthou:  Ons skryf van links na regs.  Daar moet ‘n vingerspasie wees tussen elke letter.  Op die agterkant van die papier kan jy die 4 skrifpatrone oefen:  perdjiespring, hasiehop, apieswaai en seegolf.  Jy kan verskillende kleure gebruik vir elke ry. 

Skryf netjies!


AKTIWITEITE

Kan julle nog onthou hoe om skommelsinne te doen?  Dis so lekker! Wat moet julle onthou?  Elke sin moet met ‘n hoofletter begin en met ‘n punt eindig.  Die skommelsinne gaan jy kry op die volgende bladsy in jou Groen Oxford Storieboom boek.  Skommel die sinne reg en skryf dit netjies oor op die lyn! 

Julle is mos slim kinders! 

Geniet die naweek!



TOETS JOU KENNIS