Afrikaans Huistaal Graad 1: Week 5: Woensdag, 13 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Wednesday, 13 May 2020)

Lees: Biebie droom - woorde, Luister na storie en beantwoord die vrae mondelings.

Môre maats 

Maak julle Groen Oxford Storieboom boeke oop by die bladsy “Biebie droom”.  Nou kan julle die woorde oefen:  kwaai, trap, storie, dolfyn, droom, draak, met, hardloop, lees.  Oefen dit oor en oor totdat jy dit baie goed ken.  Onthou, as jy onseker is klank eers die woord. Mamma kan dit nou sommer lekker deurmekaar vir jou vra om te kyk of jy dit ken. 

Moenie dat sy jou uitvang nie!


AKTIWITEITE

Luister nou na die storie van Haas en Skilpad hardloop resies.  Jy hoef nie self die storie te lees nie!  Jy moet net luister terwyl Mamma lees.  Beantwoord dan die vrae mondelings so goed as wat jy kan.  Mamma sal die storie en die vrae kry by “printable documents”.

Geniet dit!


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceWoensdag 13 Mei werkvel.pdf

TOETS JOU KENNIS