Afrikaans Klanke Maandag 4 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Monday, 04 May 2020)

Klanke bl

Môre Maats!

Ek hoop julle het ‘n lekker naweek gehad.  Ons doen vandag die bl– klank.  Dit is ‘n beginklank  en kom aan die begin van woordjies.   Ons gaan ‘n taakkaart doen en dan moet jy die bl– woordjies op bl. 25 in jou Dolfyntjieboek gaan leer.  Leer hulle asseblief baie goed, sodat jy teen die einde van die week ‘n toets daaroor kan skryf.  Maak ook seker jy weet wat elkeen beteken.  Hier is ‘n video ingesluit wat dit mooi vir jou sal verduidelik. 


AKTIWITEITE

Ons gaan nou die taakkaart doen.  Jy moet die woordjie invul wat ek uitgelos het.  Ek het die woordjies bo-aan getik.  Jy kan daar kyk en besluit watter een pas die beste in elke sin.  Dit sal help dat jy  weet wat elke woordjie beteken en dan gaan jy dit later makliker leer.

Die eerste sin is:  Die __________ man mag sy hond na die winkelsentrum toe neem.

Dit sal wees die blinde man, so jy gaan blinde invul of as jy nie die werkkaart kan uitdruk nie, gaan jy dit in jou matboek doen.  Onthou om die datum by te skryf en die antwoorde te nommer.  Geniet nou die takie en daarna leer jy die woordjies.  Lekker werk!


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceTaakkaart bl.pdf

TOETS JOU KENNIS