Afrikaans Klanke Woensdag 6 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Wednesday, 06 May 2020)

br- klanke

Môre Maats

Vandag gaan ons die br – klankie aanleer.  Dit is ook ‘n beginklank. 

Dink ‘n bietjie mooi.   Wat dra ‘n seuntjie elke dag skool toe wat met die klankie begin?   Ja  ‘n  broek. 

Jy moet weer die br- woordjies op bl. 25 van jou Dolfyntjieboek gaan leer.  Hier is ook ‘n video wat die woordjies mooi verduidelik.

Maak asseblief seker dat jy weet wat elke woordjie beteken. Vra vir iemand om jou daarmee te help.

   


AKTIWITEITE

Ons gaan nou die taakkaart doen.  Jy moet mooi na die prentjies kyk en dan die regte woordjie kies wat daarby pas.  Skryf dan die woordjie in die oop blok.  As jy dit in jou boek doen, skryf dan net die woordjies ondermekaar neer.  Kom ons kyk na ‘n voorbeeld.  Geniet die werkie.  Die werkkaart is by "printable documentation" gelaai.


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceAfrikaans br.pdf

TOETS JOU KENNIS