Afrikaans Klanke

(Lesson Scheduled For: Tuesday, 28 April 2020)

eeu klank

Môre maats

Ons gaan vandag die eeu klankie aanleer.  Ons noem dit ‘n drieklank.  Verlede week het ons die oei klankie geleer.  Ons noem dit ook ‘n drieklank.   Daar is baie woordjies wat eeu in het soos bv. leeu.  Jy moet nou die eeu klankies op bl 25 van jou dolfynboek gaan deurlees.  Dan is daar ‘n aktiwiteit wat jy moet voltooi.  Jy moet ook die woordjies leer sodat jy hulle kan skryf as ek hulle vir julle vra.   Wanneer jy die aktiwiteit klaar gedoen het kan jy in jou Rooiboek kyk op bl. 93  en dan kan jy ‘n lekker speletjie speel.  Jy moet ‘n muntstuk gereed hê.  Gooi dit in lug (nie te hoog)  as dit op kop beland kan jy 2 seesterre vorentoe beweeg.  Jy moet dit ook net reg lees.  As dit op die munt val kan jy een ster vorentoe beweeg.  As jy die woord verkeerd lees moet jy een ster terug beweeg.  Geniet dit!


AKTIWITEITE

Nou gaan jy die werkkaart voltooi.  Jy moet die regte woordjie kies wat in die sin pas. Kom ons kyk na die eerste sin.  "n Mens kan 'n honderd jaar ook 'n ______ noem.  Dink gou mooi watter woordjie dit gaan wees. eeu          
Nou kan jy die res van die sinne voltooi.   Mamma kan dit by "printable documentation" uitprint of jy kan die antwoorde in jou matboek skryf.  Onthou om dit te nommer.  Wanneer jy die woordjies ingevul het, moet jy drie woorde kies en 'n sin met elkeen maak.  Onthou jou hoofletters en punte.

eeu       leeu       meeu      sneeu      leeus     leeuwyfie      leeumannetjie      leeuwelpie       sneeuman      sneeubal

  1. ‘n Mens kan honderd jaar ook ‘n ______ noem.

 

  1. Ek gaan sit graag by die see en kyk na die ________.

 

  1. In die winter kan dit soms _____________.

 

  1. My boetie hou daarvan om ‘n ______ te bou.

 

  1. In die wildtuin sien ‘n mens baie _______.

 

  1. Die _______________ lê en slaap en die klein

           _______________  speel saam met die ____________.

 

  1. My sussie gooi my met ‘n ______________.

 

Kies nou enige drie woorde en maak ‘n sin met elkeen. (nommer die sinne)

  1. ____________________________________________

          _____________________________________________

  1. ____________________________________________

          _____________________________________________

  1. _____________________________________________

          _____________________________________________

Teken ‘n mooi prentjie.


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceeeu - taakkkaart.pdf

TOETS JOU KENNIS

0%

Graad 2 - Afrikaans Huistaal

1 / 5

Die leeu se mamma is ‘n ______.

2 / 5

‘n Honderd jaar is ‘n ______.

3 / 5

Daar loop ‘n _____ in die wildtuin.

4 / 5

Die baba leeu is ‘n ______.

5 / 5

In die winter _______ dit.

Your score is

The average score is 96%

0%