Europese verkenning
Goeie môre outjies en vroutjies
Ons gaan so bietjie hersiening doen oor vastelande. Ons het 7 vastelande nl. Noord-Amerika, Suid-Amerika, Afrika, Europa, Asië, Australië en Antartika.
Daar is wel ‘n verskil tussen ‘n land en ‘n vasteland
Land | Vasteland |
Het sy eie regering en reëls. | ‘n Vasteland het geen regering of reëls nie |
Het sy eie vlag en volkslied. | ‘n Versameling van lande binne in die vasteland. |
Die landmassa is klein. | Baie groot landmassa. |
Soos daar ‘n verskil is tussen lande en kontinente, is daar ‘n verskil tussen ‘n oseaan en die see nl.
Oseaan | See |
Is oor die algemeen baie grootter as die see en word nie omring deur land nie. | Word meestal omring deur land soos bv. Middelandse see en dit is baie kleiner |
Ons fokus veral met die hoofstuk op Europa. Europa was vir eeue die voorpunt van vordering en vooruitgang. Ons gaan veral op ‘n latere stadium kyk hoe gevorderd die Europese samelewing was en hul uitvindsels.
AKTIWITEITE
Die volgende aktiwiteit wat ons nou gaan voltooi is hersiening van Graad 5 werk, om te kyk of julle nog die vastelande en oseane kan erken.
In die aktiwiteitsbladsy sal jy 'n kaart kry met nommers wat op die kaart aangedui word. Onder aan die bladsy sal jy die vragies moet beatwoord. Die aktwiteite word op 'n foliobladsy gedoen.