Geskiedenis Graad 6: Week 3 Woensdag, 29 April 2020

(Lesson Scheduled For: Wednesday, 29 April 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Europese verkenning

Goeie môre outjies en vroutjies

Ons gaan so bietjie hersiening doen oor vastelande. Ons het 7 vastelande nl. Noord-Amerika, Suid-Amerika, Afrika, Europa, Asië, Australië en Antartika.

Daar is wel ‘n verskil tussen ‘n land en ‘n vasteland

Land Vasteland
Het sy eie regering en reëls. ‘n Vasteland het geen regering of reëls nie
Het sy eie vlag en volkslied. ‘n Versameling van lande binne in die vasteland.
Die landmassa is klein. Baie groot landmassa.

Soos daar ‘n verskil is tussen lande en kontinente, is daar ‘n verskil tussen ‘n oseaan en die see nl.

Oseaan See
Is oor die algemeen baie grootter as die see en word nie omring deur land nie. Word meestal omring deur land soos bv. Middelandse see en dit is baie kleiner

Ons fokus veral met die hoofstuk op Europa. Europa was vir eeue die voorpunt van vordering en vooruitgang. Ons gaan veral op ‘n latere stadium kyk hoe gevorderd die Europese samelewing was en hul uitvindsels.


AKTIWITEITE

Die volgende aktiwiteit wat ons nou gaan voltooi is hersiening van Graad 5 werk, om te kyk of julle nog die vastelande en oseane kan erken.

In die aktiwiteitsbladsy sal jy 'n kaart kry met nommers wat op die kaart aangedui word. Onder aan die bladsy sal jy die vragies moet beatwoord. Die aktwiteite word op 'n foliobladsy gedoen.



TOETS JOU KENNIS