Getalkombinasies van 0-5 gemaak en ouers kan dit druk.

(Lesson Scheduled For: Friday, 15 May 2020)

Flitskaarte van + en - somme 0 tot 5

Hier is vir julle die somme wat juffrou vir jou so flits in die klas.  Nou kan mamma of ouma of pappa vir jou die somme uitdruk en knip en dan kan hulle vir jou vra OF jy kan op jou eie speel.  Hulle gaan nie glo hoe slim jy is nie.


AKTIWITEITE

Dis jou eie pakkie somme.  Lekker dink.  Jy en boetie of sussie kan 'n speletjie ook speel.  Sit die som in die middel van julle twee en kyk wie sê die antwoord eerste.



TOETS JOU KENNIS