Graad 1 Lewensvaardigheid 1 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Friday, 01 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Bybel en Kuns

Môre maatjies,
Dis Vrydag en Paasfees is laasweek verby.
Vra vir Mamma om weer die storie van Jesus se kruisiging vir jou te lees.
Vandag gaan ons ‘n kunswerkie doen.


AKTIWITEITE

Kyk na die prentjies hieronder.
Trek strepe oor jou bladsy, teken ‘n kruis bo-oor die strepe.
Kleur die kruis met warm kleure in (rooi, oranje, geel) en kleur die agtergrond met koue kleure in (blou, groen, pers) – verf sal ook reg wees.
Twee blokke langs mekaar mag nie dieselfde kleur wees nie.
Deel asseblief julle pragtige kunswerke met ons juffrouens.
Ons sien uit na die kleurvolle foto’s.



TOETS JOU KENNIS