Graad 1 Lewensvaardigheid 8 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Friday, 08 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Veiligheid in die huis

Môre maatjies,
Ons het nou al lekker gesels oor ons gesinne. Vandag begin ons met ‘n nuwe tema.
Dit is: VEILIGHEID IN DIE HUIS.

Jy en Mamma of Pappa kan lekker gesels oor die onderwerp.

Hoe om veilig te wees:
• Draai die handvatsel van potte en panne na die agterkant van die stoof.
• Moenie skerp messe laat rondlê nie.
• Sluit medisyne toe op ‘n veilige plek.
• Moenie elektriese items naby water bring nie.
• Moenie die kragprop oorlaai nie.
• Moet nooit enige iets by ‘n muurprop indruk nie. Vra iemand wat ouer is om te help.
• Moenie naby ‘n swembad speel as daar nie volwassenes naby is nie.
• Tel dinge soos glasstukke op en gooi dit in die asblik. Dit kan jou seermaak.

Wanneer jy alleen by die huis bly, is daar sekere dinge wat jy moet onthou om veilig te bly:
• Moenie die deur vir vreemde mense oopmaak nie.
• Sorg dat al die buitedeure gesluit is.
• Maak seker jy ken jou ouers te telefoonnommer.
• Sit ‘n lysie van belangrike telefoonnommers by die telefoon.

Wie kan ek bel as ek niemand se nommers onthou nie:
• 10111


AKTIWITEITE

Aktiwiteit 1:
Jy en Mamma of Pappa kan nou deur die lysie gaan en besluit of die stellings waar (reg) of onwaar (verkeerd) is. Doen die aktiwiteit mondelings.  Onthou:  nie al die sinne is die waarheid nie!
1. Ek mag my tande met enige iemand se tandeborsel borsel.

2. Ek moenie naby die swembad speel nie.

3. Tydens ‘n donderstorm mag ek nie onder ‘n boom staan nie.

4. Ek mag met giftige skoonmaakmiddels speel.

5 Bêre skerp voorwerpe en moenie daarmee speel nie.

6. My speelgoed mag orals rondlê in die huis.

7. Medisyne moet duidelik gemerk wees.

 

Aktiwiteti 2:
Maak nou ‘n lysie van belangrike telefoonnommers wat jy naby die telefoon kan opplak. Kyk onder vir ‘n voorbeeld.



TOETS JOU KENNIS