Graad 1 Wiskunde: Halveer en Dobbelstene 1 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Friday, 01 May 2020)

Ons gaan halveer en met dobbelstene speel.

Hello maats

Ons het verlede week lekker Verdubbel.  Ek glo jy ken dit nou.

Vandag gaan ons Halveer.  ‘n Ander woord vir Halveer is – Sny in die helfte.

Jy kan nou lekker op “youtube” kyk hoe lyk Halveer.  Ouers wat nie die fasiliteit het nie.  Ons werk net met getalle 2,4,6,8,10 en 12.

Hulle moet dit verdeel tussen 2 mense en kyk wat is die helfte.

As jy klaar is, gaan haal jy nou 2 dobbelstene.  Jy kan nou weer “youtube” oopmaak en kyk hoe moet jy speel.

Indien u nie die fasiliteit het nie, doen u die volgende.

Leerder gooi albei dobbelstene gelyk.  Hy/Sy sê die grootste getal en tel die volgende kolletjies aan, byvoorbeeld.

Ek gooi ‘n 6 en ‘n 4.  Nou sê ek 6    7,8,9,10

Herhaal baie.  Dis baie belangrik dat hy/sy dit reg doen.


AKTIWITEITE

1.  Ons Halveer nou.

Ek het 2 appels.  Ek moet dit nou verdeel tussen my en my maatjie.  Hoeveel gaan elkeen kry?

Ja, elkeen kry 1 appel.  Baie mooi.

Probeer nou die ander getalle:   4,6,8,10 en 12

 

2.  Gooi 2 dobbelstene

3 en 5

Ek tel 5   6,7,8.     Ek tel aan!



TOETS JOU KENNIS

0%

Graad 1 - Wiskunde - 2020-05-01

1 / 6

Halveer OOOO kolle

2 / 6

Halveer &&&&&&&&.

3 / 6

Watter getal is die grootste 6 of 1 ?

4 / 6

Halveer 2.

5 / 6

Watter getal is die meeste 5 of 2 ?

6 / 6

Halveer OOOOOO kolle.

Your score is

The average score is 95%

0%